{>Psycho Sphere<}

StevoImag

 

Die doodspiraal, gekonstrueer om almal in te sluk. Waarin die ster van ons drome in verdwyn. Ons liefde, ons wese, ons vrese.  Alles tot niks. Groter as wat ons is en buite ons beheer. Die wat naby aan die rant wandel word eerste gevat. Mens kan net jou bes probeer. Onbewustelik, slyp die aantrekkingskragte om jou in, net 'n wonderwerk red jou uit die stroom. 

Onverbiddelik ruk en rol dit voort. Skugter se liewe moer, nou brul dit! Defcon Vlad neem nuclear photos soos ‘n kind wat met dinamiet speel. Seisoene dop op almal uit wat hulle geplant het. Ek veg my gevoelloosheid deur om meer kwesbaar te wees. Chaos wil wil so laat los, maar dan kalmeer dit weer 'n bietjie. Mense is maar net mense wat reageer as die druk hoog kook. Laat jou wonder wie is besig om die vuur te stook? Soos 'n brommende stoompot laat dit net, net genoeg uit. Dekomprimeer dit nog een keer. Dan begin dit weer. Iewers gee iets skielik mee, dit kan nie verewig so aanhou nie!

Gerigte op gerigte, vinniger en meer elke dag. Dit voel asof die aarde al vinniger begin spin. Dit wankel met wrede wraak die duisternis in. Die einde van ‘n goeie, bekende era word vervang met die onbekende. Geanker aan die Skepper is die enigste hoop. Geloof die enigste pad van nou af vorentoe. As dinge net meer uitrafel en wie weet wat gaan gebeur?Staan ek op en bid vir krag, een laaste keer.

Liefde is 'n diep, donker "black hole", flippen mooi van vêr af, ma moer gevaarlik van naby.
Jy is lief vir jou land, tot dit jou nie meer wil hê nie en jy moet veg vir jou lewe. Dit draai in 'n liefde/haat verhouding. 'n Mens kan nie altyd net bly gee as jy nie ook ontvang nie. Jy is lief vir die see, maar as die branders rebelleer spoeg jy sand. Tog duik jy weer in vir daai volgende groot brander. Dis lekker, gevaarlik en seer. Weer, weer en weer! Iewers is genoeg, genoeg. Balanseer dit hierdie keer.

Sekere liefde lok jou nader soos 'n vrou met mooi kuite, 'n pel met feite en 'n vistok wat terg met byte. 'n Mot wat nie kan wegkyk nie word "geZap"; so is party hopeloos met die skitterende onmin wat vir hul lê en wag. 'n Gekamofleerde "trap" om hul om te bring, hul noodlot te graveer in steen. Gekonditioneer om die onskuldige in die wip te vang, in die spiraal te laat verdwyn.

Ware Liefde is "exhillerating", dit pomp jou vol energie tot jou hart wil bars en laat jou los om vrylik te dryf soos 'n ballon bo die wolke. Ander kere los dit jou om die volgende oggend soos 'n verrimpelde stuk blou rubber te hang aan 'n tak as 'n kersboomversiering. In vlerde! Da is net nie genade nie, dis 'n "one way street" en iewers kry iemand altyd seer. Liefde is vreugde en geluk, pyn en lyding. Liefde is 'n drug en hulle wat dit liefhet moet kan reguleer. Kan jy verby iemand se foute kyk oor jy weet jy is ook nie perfek nie?

"To death do us part" my liefdevolste liefde! Kill me slowly, silently and patiently. Death by a thousand cuts. Sliced and diced for a price. Soos 'n "erratic cuddle fish" "hypnotize" dit jou met 'n "dazzling display" en "electric skin"; met 'n "inky smokescreen" verdwyn dit dan sonder 'n spoor en los jou tussen niks en nerens. "Every creature has a predator lurking in the shadows, eat and be eaten". 'n Wrede kringloop, 'n kat en muis spel van gee en neem. Ego's hoog en harte laag, dan harte sag en ego's laag. Liefde is mooi en vriendelik en sag tot realiteit inskop, tot die lewe dit op die toets stel, dan word mens se hart of lelik, vyandelik en hard, of 'n dieper liefde ontwikkel. Jy kan net waarlik seerkry as jy waarlik liefhet. Bewaar jou hart, want dit is die oorsprong van lewe.

As ek sit en wonder oor die aarde en al die gebeure, goed en sleg, dink ek aan God. God is onvoorwaarlike liefde. Hy het Sy seun Jesus Christus gegee terwyl ons nog in ons sondes was. Hoe moet Hy nie voel met ons wat heeltyd terughardloop en Hom minag en verwyt nie. Gelukkig weet Hy ons is van stof geskape, met modder aanmekaar geweef. Alles het perke, gelukkig is Hy genadig. Hy het ons ons eie wil gegee. Dit vat wil om by iemand te bly deur duk en dun. Christus het gesterf aan die kruis, Hy het gely sodat ons die ewige lewe saam Hom kan deurbring. Lyding = Liefde
"An act of your will". "To get down in the dirt for someone else".


"Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente 
liegehad en Homself daarvoor oorgegee het."

Efêsiërs 5:25


Die lewe word nou al hoe meer gevaarlik, selfsugtig en wreedsaam, net God se Liedfe vir ons en ons vir Hom en mekaar sal staande bly. Die res is tervergeefs. 

BBBliksemstrale!!

STEVOIMAG

 

Snaakse weer steek op in die agtergrond en weerlig bliksem heen en weer.

Dit waarsku ‘n storm is oppad, wêreldwyd, vir die derde keer; onvergeeflik.

Ek glo nie iemand het dit al op die skaal beleef nie, nie wat ek van weet nie.

Te veel rekords is verbreek. “This is a different animal altogether my friend!”

Tegnologie en boosheid het die mensdom nou Sputnik spoedig verbygesteek.

Ons sal maar moet sien of mens die bul by die horings kan vasvat, of te nie.

Sulke tiepe donder laat elke ding wat breins het vinnig hardloop vir skuiling.

“Onkonvensioneel” is die woord van die dag op almal se lippe heen; en “weer”.

Dit is nou maar wat en hoe dit is, die werklikheid van ons geêrfde realiteid.

…………………………………………………………………

Effematroos, jy moet ‘n petroljoggie hoor wat jy skrik maak twaalfuur die aand.

Almal is op “edge”, wag net dat die skote klap, veg of vlug situasie, adrenalien.

As die water kom en dit stroom gaan niks wat jy dink meer saak maak nie.

‘n Tsunami vra nie vrae nie, dit is ook nie kieskeurig nie, net verwoestend.

Dit laat alles onderstebo, agterstevoor, stukkend en snikkend na asem.

Ek sê bly maar op morele hoë grond en bid vir ‘n perspektief van ewigheid.

………………………………………………………………………

Die tyd het aangebreek in die hele wêreld vir alles wat kan skud om te skud.

Deur “vier” gelouter te word, op die toets gestel te word en geweeg te word.

Soos ywerige, losgelate “vuur” perde hardloop dit met ons die duisternis in.

Noag se hout ark of Josef se graansilo’s, net die Here kan ons hier deurlei.

Dit is waar. Daar is nie ‘n politiese oplossing vir n geestelike probleem nie.

Laat dit getuig. God bly soewerein en Hy veg vir die wat op Hom vertrou.

………………………………………………………………………

Niks sal meer dieselfde wees nie, die lewe wat ons geken het is verby.

<>Viervliegies<>

STEVOIMAG

 

Vlieënde viervliegies vleg deur die donker skibbe van die nag.

Ek sit en wonder aan hoe hierdie werklikheid aanmekaargesit is.

God op Sy troon en alomteenwoordig. Sy Heilige Gees lei jou in en

deur die woeste waters van die lewe. Net die waarheid

van Jesus Christus kan lig skyn op al die leuens en smarte.

.

'n Vroeë oggend, 'n nuwe dag, ‘n nuwe seisoen, ‘n nuwe era.

Ek spoel my gesig af met koue water en haal diep vars lug in.

Dit laat my terugdink aan die wilde kus, waar die wind laat-waai;

die see sy gevoelens in die onstuimigheid van sy branders blus.

In sulke tye was ek darem te bly ek staan op vaste grond.

Die habitat van die see wat met die getui gekoppel is.

Aantrekkingskragte orals. Sirkels, siklusse en patrone.

Die maan weerhou sy weerkaatsing en sterre skitter so

dit voel of ek in die ruimte is, as jy strek kan jy dit raak.

'n Uil duik saggies op n kalm, dukgevrete veldmuis af.

'n Leeu brul in die agtergrond en dit sit in my voorkop.

Die DNA gelaaide neigings, instinkte; doel en geheue.

.

Die koeël vlieg bloedrooi van woede my geweerloop uit;

agternagesit deur 'n klankgolf wat weerklank en 'n bol rook.

'n Engel dra dit vierhonderd meter en dit land in die nek

van 'n weiende springbokram daar vêr onder in die vallei.

Dit dop sommer om en spog met sy wit pens in die bries.

Lang dansende veldgrasse onder 'n blou hemel met

warm, geel sonstrale wat van orals en alles weerspieël.

Ek wens my tweede helfde was hier langs my om dit te sien.

Ons sou saam lag en die tyd geniet; 'n huisie bou, mooi maak

en dit dan vul met 'n gesin wat ons erfenis en vreugde sou wees.

Iets van ons wat voortleef en die legende van wie ons is voortbou.

Tot Jesus kom op die wolke en ons dan weer die lig van dag sien.

.

'n Kriek sit hewig “revs” op en gaan mal in die kort gesnyde grasperk.

'n “Generator” verstik ruk-ruk en sluk dan gulsig verder pertrol.

'n Hond blaf onreelmatig vir iets of iemand êrens of nêrens…

Om iets vir die gemeenskap te beteken. Iets om voor te veg.

Iets om in te glo. n Toetsgrond. n Leerskool. n Smeltkroes!

Al die klanke en woorde, die herinneringe op verskillende

plekke met verskillende mense, die gevoel in jou wese.

Alles weerklank die ewigheid in. Elke keuse en gebeurtenis.

Tyd loop net aan en ons is gebonde aan dit. Gebore

vir n tyd soos die. Daar is nie omdraai nie, net vorentoe.

Wat agter is, is agter, maar hoe nou te maak met die honde

wat al hoe meer blaf en die “generators” wat al hoe meer sluk?

Iewers kom dit op 'n punt. 'n Waarheid, 'n siening, 'n keuse.

Jy kan nie 'n kompromie aangaan met 'n seerowerterroris nie.

 Tyd nie vir slaplê nie, maar vir opstaan, sterk en dapper wees.

Tyd om stil te staan en vir n oomblik om ons te kyk na tyd.

Tye het verander so hoe pas mens aan en behou nog die goeie?

Die goeie behou is al wat legende bou. So wat is goed of sleg dan?

Die liniaal van die Bybel teenoor wat “society” dink huidig reg is.

Dit is n tyd vir terugkeer na die ou paaie van Jesus en Sy rooi letters.

.

“ die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die

onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word; ”

2Petrus 2:9

“ Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God.

En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan

die evangelie van God ongehoorsaam is? ”

1Petrus 4:17

–)> Laserstraal Fiksiefilm

STEVOIMAG

 

die maan mutineer rof teen die donker nag

ek lag ‘n warm-koue epifanie oomblik af

speaker skreeu weerligstrale heen en weer

goeie dag, jou kaptein wat praat die keer

hierdie ruimteskip is ten volle automaties

intelligent-kunsmatig gelei en gemonitor

sit terug, ontspan en geniet die vlug

niks kan verkeerd gaan nie…

verkeerd gaan nie… verkeerd gaan nie…

 

rooigevaar kriewel dieper as wonde

genade van bo en voete wat wonder

leuens wat skuldige gewetens so pla

die nuus, die politiek, die propaganda

die aarde, mense en diere vasgevang

 21ste-eeu geskeduleerde skaakmatplan

cyber-cyborg witjaswaansinnige beheer

frekwensies vibreer energiek deur die atmosfeer

geheime statistieke ontledings psigoanaliseer

bioveiligheid vlak vier ekonomiese monstergreep

geoorloofde oorname van meganika beleër

en die wêreld wat ons geken het transformeer

visioen van die virtuele-bloudruk vir die mens

volskaalse oorlogsbeleg, oppressie in die lens

veranderlikes in atomiese proporsies verwag

gedrag sagteware routine, voorrangkode skop af

chemiese gemorsdosis om menigtes te verteer

en om ID-gebrandmerk te wees soos n bees

slagoffers van anargie, veelvoud doelwit bekom

dis n perfekte storm dit hou aan met terugkom

bekende krap staan nog altyd leë dop paraat

bars dit meteens, kliphard, geweldadig uitmekaar

twintig-twintig visie het die wêreld laat besef

daar staan ‘n bose skelm met die hand op die hef

wanneer die ys smelt het die siener gesê

gaan die wereld binnekort in skerwe lê

die honger kind vra vir ietsie om te eet

terwyl die moedelose sy dooie perd neuk

daar word buitesporig geroep oor die seine

dit is die einde van die begin van die einde!

vrees is die oorlog wat hele wêreld sal veg

wat is ‘n man wat die wereld om hom versleg?

ons erfporsie is deur ander verniet verdeel

daarom kan net God ons van nou af oordeel

onthou wie jy is as die teenspoed verstom

kyk op en weet dis wa jou hoop vandaan kom

dit wat jy met jou hele hart begeer

vir dit sal jy jou hele lewe voor gee

goddelose vlug sonder vervolger heel eeu

regverdiges voel hulle veilig soos ‘n jong leeu

skuld van geloof en swaard van geregtigheid

belig die donkerte ons hardloop uit tyd uit

woorde is min, Sy Woord is ewig

vertrou jou intuisie, instinkte en geloof 

as wie sal jy graag wil sterwe?

dit is wat jy na die lewe sal erwe

klaarstaan is so tussen lig en duisternis

dis ‘n kruispad, ewige lewe of ‘n brandende kis

………Nat twak………

STEVOIMAG

 

My baard vang die draft voor dit op die grond val

en ek vee my mond af met die agterkant van my hand.

My twak is nou lekke nat!

Wa is die vrede in die lewe? Die gelag van kinders in die strate?

 Die rustigheid van n oop deur en venster?

Het ons as  mensdom al so ver geval, gedaal,

 dat ons heeltyd in vrees vir mekaar moet lewe?

Die vraag is is daar nog hoop in 'n rooskleurige

toekoms terwyl die feite andersins wys?

Wat bekommer ons onsself oor more terwyl ons vandag moet lewe?

Ek sluk 'n koue sluk af om myself effens te bedaar.

Die koeël is lankal deur die kerk en ek is moeg,

moeg vir die worsteling om elke dag asem te haal.

Jou brood in die sweet van jou aangesig te eet.

 Ekonomies gestremde land wat lankal meer skuld as wat hy het.

 Vervalde infrastruktuur, onderwys en manisipaliteite.

Soos n vis word dit van die kop af vrot.

Die wolf in skaapklere is sommer nou skaapwagter ook.

Ek voel effens aangeklam terwyl ek die snaakse krul

 besigtig in my kuif deur die spieel agter die bar.

Met die rooi gevaar is dit alles verby is dit nie?

Ons vuurdoop deurstaan of 'n spyker in ons doodskis vind.

Elke voëltjie sing soos hy gebek is.

 Met die honde blaf en die wolwe huil.

Gedane sake het geen keer nie.

Jy moet hare op jou tande hê en

 weet hoe die vurk in die hef steek.

Ek slaan 'n hoë toon aan. Bestel nog enetjie en steek 'n

vars lange aan om my perspektief te verhelder.

Is die lewe nie meer as om kop bo water te hou nie?

Hierdie rosegeur en maanskyn is soos om

 water in 'n mandjie aan te dra.

Twaalf ambagte en dertien ongelukke later.

Moenie alles vir soetkoek opeet nie.

Dis net die oortjies van die seekoei.

Hierdie bubbel gaan nog iewers lelik bars!

Die son trek al water en ek bewonder my aan die

geldnote van verskillende lande teen die muur.

Afgesonder by die suidpunt, afgesny van die wereld.

Dit lyk of die pad vorentoe al langer raak.

Wik en weeg of n stok in die wiel gesteek kan word.

Die mens wik; God beskik.

bring my heen waar atome sing

STEVOIMAG

 

Die son voltooi n perfekte kringloop; oranje, rooi en geel. Dit streel my gemoed so effens.

'n Nuwe dag breek aan terwyl die jaar afsluit. Gister se geskiedenis steek weer kop uit môre.

Verlede vrese tuister my vrede. Nou-nou nog was ek koning van my omstandighede.

Hartslaste is hier teenwoordig en ek het beheer verloor van

tydlose liefde, vriendekringe en gebeurtenisse.

 

Die boom wonder waarheen die bries waai soos hy saam dit buig.

Iewers jaag dit vlamme aan maar hier is gelukkig darm nog water.

'n Geveg woed steeds voort om my siel en ek probeer aan my wortels vasklou.

 

Ek dra my klere tot dit van my af val. Nuwejaar wil my drome verslint.

Asof als net meer agteruit gaan, die omgewing waar ek myself vind.

Agteros, dit val waar dit wil. Die aanhouer het oorwin.

 

Daar is nog tyd, nog baie asem. Ek geniet die lewensrit.

Bring my heen waar atome sing. In die doodloop gryp verandering.

My wêreld is n ontploffing tussen nêrens in 'n rigting en droë, droë wind.

+++Kakebeenwaak+++

STEVOIMAG

 

Nikotieniseer my grief!

Mosie van wantroue, volop vyandig vriend

Stilstaan, denke verdiep

Gehawend, gesinkte skepe, romansverdriet

Vloeiende emosie gegiet

Maanskyn loop haal, hel deurgeval

Weerstand, geweld, jaloesie

Wesewanorde, welsandwrak

Beneuk en gehard

Genadedood gelatien, vergifnis beslis

Verkwikte geloof gewis

Gebrek ontdek, smeltkroesflek

Verstand versterk

Verower vlam geesdriftig terug

Passie, visie, lig

Hernuwingskennisgewing

Bou 'n brug

****herfsblare****

STEVOIMAG

 

Waarheen ons gaan help geld jou fakkel.

Gedra jou soos n witskind! Hoe is dit?

Wie is jy om te sê wat normaal is?

Dit help nie meer nie, het nog nooit.

Die herfsblare steel my gedagtes.

Gaan die winter lank wees?

Dis al klaar koud en die weer is beneuk.

Wat as die fonteine opdroog en die aarde raak dors?

Groot tak en baie blare êk se jou.

So asof die spil beraam is deur n bosberade.

Dit is mos hoe dit hier in Afrika gebeur,

so onder n boom.

Soos droë gras in die wind kort my verbeelding net n

vonk om spontaan aan die brand te slaan.

En dit sonder water of die brandweer.

Sal jou sê dis nie maklik om n man te wees nie.

Nie in die plek of eeu nie.

Mis die somersdae of wat daarvan oor is.

Met my tone in die see se sand of my voete op die draak se rug.

Ek ruik nat sap.

Ja hulle is mos inheems na hulle eens uitheems was.

Van al die plante is dit moeilik om te sê watse indringerspesie

die ander gaan uitoorlê. Seker die wie se wortels op die rots en

nie oppie klippe is nie. Ja, nee, net die seisoene sal leer.

!@#$_oplossingbom

STEVOIMAG

 

Raak die pad byster en hou op met luister

Gooi die kind weg of sê hom net sleg

Verbrand die aarde en vermeerder die skade

Hierdie spruit uit liefdeloosheid!

Sê my of is ek tevrede!? Die vraag is kan ek werklik lewe?

Die rede waaroor ek my kop wil verloor

is my longe haal asem, maar my hart is vermoor!

Help my met 'n oplossingsom, dit eindig met 'n moerse bom

Meer mense minder aarde, minder aarde minder kos

Wat sal ek moet doen dat jy myne uit sal los?

As ek werk mag ek eet, party mense het dit vergeet!

Daar is 'n poespas in die gereg, net die geld kan veg.

Wat is reg en wat is verkeerd? Jy se my waarteen mens dit moet meet.

Waarheen het die liefde vertrek? 'n Boom sonder water sal vrek.

Waarmee maak mens 'n hart sag, dat die musiek kan uitkom,

sodat ek weer kan lag?

A bright new day

STEVOIMAG

 

We’ve all been through years of being alive day by day, second by second, year by year.

Here we are all grown up from a single cell to a multi-functional human being with distinctive traits from our physical features to the kind of upbringing we had.

Our culture would define our very step and the type of clothes we wear; each one of us have our own style and ideology of what we think is important and beautiful. As humans we even have our own belief system in play every single moment of breathing in. This is where everybody says wow a bit, why am I even alive in the first place?

Who am I and where am I heading with my life? Is there any purpose or meaning for my life and if there is, how can I attain it? What must I do with my dreams and deepest desires; and where are they coming from?

You see friend, we all ask these questions. We know the what and when of our life, but when it comes to the why we start to think. We consider the reality of death and wonder why we where put on this earth: even what will be inscribed on our gravestone one day.

Life has been difficult to all. Sometimes nothing makes sense and we lose hope in trying to become, achieve and attain our dreams. We drift aimless like an abandoned ship in stormy waters, tossed to an fro by impending waves.

Then all of a sudden we see the light of a new day break through the dark clouds. The relieve it brings wells up fountains of joy in our hearts as we receive new hope for the future. Without our knowledge the storm has made us stronger and the next time we will endure cause we would hold on to the hope of a bright new day.

That is having faith. Seeing the light at the end of the tunnel while there is no light to behold. In the midst of your circumstances, when your end is at hand and all your fears seem to surface all at once. Who will you call to? Where will you go to find peace and safety? Is there a reason and a purpose for this life? Is there a reason why I need to endure hardship and pain? Is there an end to all the suffering?

“He who has a Why to live for can bear almost any How.” Nietzsche

This is why it is so important for any individual to answer the question of “why” to him or herself. This is what faith is and it is for this reason why there are so many different kinds of religions that exist. We all need a reason to live, a name greater than ours to trust in when the going gets tough. We need someone to save us from ourselves and cleanse us from our sinfulness. A place to go when we die. We need a reason to live that is greater than ourselves.

So it all comes down to who you trust and what you believe in ultimately.

I believe in Jesus because He loves me! He gave His life as a sacrifice so that I can truly live a full life in Him. I believe that I have been created with a purpose and  with specific talents and abilities to accomplish that purpose. I believe that God formed me in my mother’s womb and that I am fearfully and wonderfully made. I believe that God has a plan and a dream for my life and that He will accomplish it in due time.

I trust in God Almighty to lead me every day like a shepherd leads his flock to green pastures and still waters. His goodness and mercy shall follow me all the days of my life: and I will dwell in the house of the Lord for ever. He is my hope, my light; my reason to live and breathe. He is why I want to get up in the morning and be the best I can be.

It may seem strange to some that an invisible being can be a reality and source for well-being, but I can guarantee that without Him in my life I would have been hopeless in search for meaning, imprisoned in my own fears of the unknown and what tomorrow brings. I would have been dead on the inside and dull because I realized that nothing in life seemed to satisfy the emptiness I used to live with.

Fulfillment doesn’t come from having abundant riches and status as the world so often wave in our faces. Neither is it in the pleasures of life that only satisfy temporarily. The reason why it never satisfies is because we will always need more of it to satisfy us. To make us feel loved, worthy and that we belong. More money, more power, more status, more drugs, more food, more sex, more, more, more.

What if it is all taken away suddenly? When we put our trust in men, in things; if we put our self worth in earthly things it’s bound to fail us. On the flip side. If you put your trust in an everlasting God, nothing can move you, even when all else fails He remains faithful and just to forgive you your sins and give you a clean slate, a bright new day!

I follow Jesus because He conquered the grave, His grave is empty and He is alive today! I follow His teachings because they lead to life, not death; blessings not curses. His word provides me with the foundation of my life firmly built upon Him, the Rock of Ages! Because we as humans are not perfect, but sinful before a holy God. He has made a way for us through His blood to be reconciled to God so we can have life and live it to the full!

“Therefore whosoever heareth these sayings of mine, and doeth them, I will liken him unto a wise man, which built his house upon a rock:
And the rain descended, and the floods came, and the winds blew, and beat upon that house; and it fell not: for it was founded upon a rock.
And every one that heareth these sayings of mine, and doeth them not, shall be likened unto a foolish man, which built his house upon the sand:
And the rain descended, and the floods came, and the winds blew, and beat upon that house; and it fell: and great was the fall of it.”

                                      Jesus’ words in  Mat 7:24-27